Anné - 072 602 9815 | Nilo - 072 737 3968 [email protected]

Moedersdag – maak Ma se dag spesiaal met ’n eg Suid-Afrikaanse geskenk!

Jy sal nooit te oud of te groot vir jou ma se skoot wees nie. Jou ma kan jou oor ’n afstand ’n drukkie gee deur bloot vir jou te glimlag, en sy kan slae uitdeel deur bloot ’n wenkbrou te lig. Dit help nie jy probeer iets vir haar wegsteek nie, sy ken jou van bo en van onder en van binne en buite, want jy kom uit haar eie lyf. 

baby in mother's arms, wrapped in a blanket

Waardeer ons regtig ons ma’s? Dalk moes jy eers bietjie ouer word om jou ma te waardeer of self die paadjie van ouerskap begin stap om te besef wie jou ma vir jou is. 

In hierdie artikel gesels ons oor eg Suid-Afrikaanse geskenke wat hierdie moedersdag spesiaal gaan maak! Ons fokus op geskenkies wat jy by ’n Suid-Afrikaanse besigheid kan koop, want by Kwikstert glo ons dat jy betrokke moet raak in jou gemeenskap deur besighede in jou gemeenskap te ondersteun. Ondersteun jou mense en die ekonomie!

Lekkerruik-sepies en badsout-bruisbomme

Die Pretoria Boeremark spog met ’n hele paar stalletjies wat die lekkerste bederfies verkoop – ideaal vir ‘n moedersdaggeskenk! 

Al die badsout-bruisbomme en sepe is handgemaak, met ‘n groot verskeidenheid geure om te kies. 

Besoek die Pretoria Boeremark Saterdagoggende tussen 6:00 – 10:30 in Silverton, Pretoria. Gaan loer bietjie! 

Bed Bath Body 

Bed Bath Body Products

Bed Bath Body is een van ons gunstelinge en verkoop allerhande natuurlike produkte vir jou en jou huis! Hier kan jy alles wat jou (en jou huis) lekker en vars laat ruik, kom koop. Handwasseep, spuitbotteltjies met lug- en linneverfrissers, kerse, plante en lekkerruik-rietstokkies in verskeie geure en reekse. Kwikstert gebruik die “Blaar”- en “Blom”-reekse in ons kantoor. 

Kyk na hulle produkte: https://bedbathbody.co.za/

Die Afrikander Handelshuis 

Die Afrikander Handelshuis shop

Soos die Afrikander sê: “Produkte met kultuur!” Die Afrikander Handelshuis is ’n lieflike winkel wat jy by die Voortrekkermonument kan besoek! Hier is alles van lekkernye, boeke, huisware, handsakke, skoene, juwele en meer te kies en te keur. 

As jy bietjie ver bly – gaan besoek hulle aanlynwinkel hier.

Gaan ondersteun hulle op Facebook – klik hier!

Petal and Post

Petal and Post Mother's Day Posy

Wat ’n oulike idee! Petal and Post is bloemiste wat elke dag ’n nuwe blommerangskikking maak. Jy kyk op die webtuiste of jy daarvan hou, en bestel dan jou bos aanlyn vir aflewering. Vir geskenke kan jy kies uit verskeie bestaande rangskikkings. 

Bestel gerus die spesiale Moedersdag-rangskikking (met ‘n ietsie ekstra!) hier.

NetFlorist 

Netflorist mother's day gift; slippers and robe

Bederf jou ma met ’n geskenk van NetFlorist! Van kerse tot japonne en allerlei plante en blomme – sommer alles! Daar is reeds Moedersdag-aanbiedinge wat wag dat jy dit oorweeg.

Loer bietjie hier

Pretoria Products 

Pretoria Products in Hazelwood

Wow! Pretoria Products is ’n Facebook-blad wat ander besighede en hul produkte bemark. Ondersteun hulle bietjie! Ontdek oulike geskenke, winkels, koffiewinkels en meer! Hulle gaan binnekort hulle eie aanlynwinkel bekendstel, maar vir nou, bestel gerus op hulle Facebook blad. Jy kan hulle winkel gaan besoek in Hazelwood, Pretoria. 

Somaesthetics

Op soek na iemand om jou ma te bederf? Dalk is jy ook nie ten gunste van die tipiese salonervaring waar jy van ’n spreekwoordelike spyskaart af bestel nie. Jou ma sal dalk ook gemakliker wees by ’n plek waar mens werklik tuis en ontspanne kan wees. By Somaesthetics bepaal jy saam met die terapeut wat jou lyf nodig het terwyl jy lekker koffie drink. 

Gaan loer bietjie op hulle Facbeook blad: Somaesthetics Consulting

Hartklop

Hartklop Moedersdag

Hartklop is ’n groep vroue wat saamwerk om gemeenskappe te ondersteun wat deur voortslepende droogtes in Suid-Afrika geteister word. ’n Gedeelte van die wins gaan na die Tankwa Karoo Hartklopfonds. Hartklop se produkte is alles hand- en tuisgemaak. Hulle neem nou bestellings vir hulle ongelooflike Karoobokse vir Moedersdag. 

Gaan kyk hier na hulle webtuiste of ondersteun hulle op Facebook (hier!) 

Ter Afsluiting…

Ons weet dat dit nie maklik is om ’n mamma te wees nie. Elke ma kan daarvan getuig dat daar saam met hulle kinders, ‘n groot klomp skuldgevoel gebore word. Want as ‘n mamma werk, voel sy skuldig dat sy nie genoeg tuis is nie. En as sy tuis bly, voel sy skuldig dat sy nie genoeg werk nie. Daar is nooit genoeg arms en ore om oral te hoor en te help nie.  

Ma-wees bly die beste werk in die wêreld. Ons weet al hierdie dinge, want ons het die beste mammas in ons Kwikstert-span! Dis belangrik om jou ma spesiaal te laat voel – maar sommer elke dag, nie net Moedersdag nie! 

Op soek na meer idees? Gaan loer na ons artikel oor Valentynsdag (VALENTYNSDAG OP ‘N BEGROTING – GESKENKIDEES WAT JY KAN BEKOSTIG!) – daar is net sulke oulike geskenkidees!

ADRES

Jochem Straat 264 
Rietvalleirand
Pretoria
0181

KONTAK

Anné - 072 602 9815
Nilo - 072 737 3968
[email protected]