Wat bied Kwikstert?
Ons wil jou handelsmerk se storie op die mees vindingryke aan jou verbruikers oordra. Ons streef daarna om deurlopend met nuwe, innoverende strategieë vorendag te kom wat jou verbruikers virewig boei. Ons sosiale media dienste word in drie afdelings opgedeel:
Inhoudsbestuur
Inhoudsbestuur en -ontwerp behels dat jou sosialemedia-plasings op verskeie platforms ontwerp en geskryf word. Jou inhoud word deurlopend gemonitor en verbeter om die beste verkope en resultate te lewer.
Vink
- 2 plasings
- 2 ontwerpe
- *15%-afslag indien dit met ‘n
- betaalde advertensiepakket
- gekombineer word*
Mossie
- 5 plasings (+-1/week)
- 5 ontwerpe
- Ons gewildste opsie!!
Kwikstert
- 10 plasings (+-2/week)
- 5 ontwerpe
Swael
- 10 plasings (+-2/week)
- 8 ontwerpe
Koringvoël
- 15 plasings (+- 3/week)
- 10 ontwerpe
Troupant
- 20 plasings (+- 4/week)
Gemeenskapsbestuur
Gemeenskapsbestuur sluit in dat ons namens jou die boodskappe en kommentare op jou sosialemedia-plasings binne ‘n billike antwoordtyd beantwoord.
Jou gemeenskapsbestuurpakket sal opgradeer word na gelang van die ure wat dit neem om op kommentare en navrae te reageer
Maraboe
Slegs ‘n handvol kommentare en boodskappe2 ure reaksietyd tydens werksure
12 ure reaksietyd buite werksure
Lepelaar
Gereelde kommentare en boodskappe2 ure reaksietyd tydens werksure
12 ure reaksietyd buite werksure
Bloukraanvoël
'n Rustige vloei van kommentare en boodskappe1 uur reaksietyd tydens werksure
2 ure reaksietyd buite werksure (nagtelike ure uitgesluit)
Sekretarisvoël
Konstante kommentare en boodskappeMaksimum 1 uur reaksietyd tydens werksure
2 ure reaksietyd buite werksure
(nagtelike ure uitgesluit)
Advertensiebestuur
Advertensiebestuur verwys na die opstel, monitering en verbetering van betaalde advertensies op die verskeie sosialemedia-platforms.
Ons het ‘n verskeidenheid pakket- en prysopsies beskikbaar binne elke afdeling. Jy kan kies vanuit ‘n verskeidenheid opsies vanuit elke afdeling en jy kan dit ook meng en pas om by jou behoeftes aan te pas. Indien geen van hierdie vooropgestelde opsies vir jou spesifieke behoeftes gaan werk nie, stuur vir ons ‘n boodskap en ons skep ‘n unieke pakket vir jou met ‘n unieke kwotasie.
Elke pakket sluit ‘n omvattende verslag in wat baie maklik is om te verstaan en te ontleed! Dit beteken dat jy presies weet waarheen jou bemarkingsbegroting gaan en watter resultate dit oplewer. Ons is deursigtig en eerlik.
Muisvoël
Tot en met 3 advertensieveldtogte op een gekose platform
Advertensie-ontwerpe(gefaktureer): 2 teen R500 elk
Advertensie begroting(direk van jou kredietkaart): R500 –R1 500
Maandelikse bestuursfooi(gefaktureer): R1200
Afslag beskikbaar : Ontwerpkoste opsioneel
Kiewiet
- Tot en met 5 advertensieveldtogte op twee gekose platforms
- Advertensie-ontwerpe(gefaktureer): 4 teen R450 elk
- Advertensie begroting(direk van jou kredietkaart): R2000 – R3000
- Maandelikse bestuursfooi(gefaktureer):R1 600
- Afslag beskikbaar : Ontwerpkoste opsioneel
Visvanger
- Tot en met 6 advertensieveldtogte op twee gekose platforms
- Advertensie-ontwerpe(gefaktureer): 4 teen R450 elk
- Advertensie begroting(direk van jou kredietkaart): R3000 – R5000
- Maandelikse bestuursfooi(gefaktureer):R2400
- Afslag beskikbaar : Ontwerpkoste opsioneel
Valk
- Tot en met 8 advertensieveldtogte op drie gekose platforms
- Advertensie-ontwerpe(gefaktureer): 8 teen R400 elk
- Advertensie begroting(direk van jou kredietkaart): R5000 – R10000
- Maandelikse bestuursfooi(gefaktureer):R3200
- Afslag beskikbaar : Ontwerpkoste opsioneel
Arend
- Tot en met 12 advertensieveldtogte op drie gekose platforms
- Advertensie-ontwerpe(gefaktureer): 10 teen R400 elk
- Advertensie begroting(direk van jou kredietkaart): R10 000 – R20000
- Maandelikse bestuursfooi(gefaktureer):R4800
- Afslag beskikbaar : Ontwerpkoste opsioneel
Neem kennis dat Facebook en Instagram as een platform gesien kan word.