Sal jou besigheid in hierdie tyd aanlyn kan funksioneer?

Die SARS Cov-2 Coronavirus, wat die COVID-19 siekte tot gevolg het, het die wêreld omgekeer. Baie besighede is geforseer om aanlyn te funksioneer om die verspreiding van die virus hok te slaan, maar weet jy presies wat om te doen en watter aanlyninstrumente jy kan benut?
Kwikstert kan jou deur help om jou hele besigheid binne 1 uur aanlynvlerke te gee! Ons lei jou deur al die stappe van die bekendste aanlynplatforms om jou besigheid te help om oor ‘n afstand te funksioneer.
Ons help jou om die volgende op te stel:

Vergaderings: Skeduleer en hou aanlynvergaderings sonder moeite
Ons stel ‘n besigheidsoplossing voor wat verby die gewone “Skype” strek, ons kry jou besigheid gerat met meer gevorderde vergaderings- en samewerkingssagteware.

Aaanlyn Spaninteraksie en -samewerking
Hou jou doelwitte en jou span aan die werk, selfs sonder fisiese spanvergaderings of eindelose e-posse. Ons maak ook seker dat jou ondersteuning aan jou kliënte aan die voorpunt bly!

Deel jou inligting en dokumente
Ons help jou om jou stelsel in plek te kry om dokumente te deel (selfs baie groot dokumente) met kliënte en spanlede sonder om staat te maak op hardeware (soos USB’s) of e-posse. Ons wys jou ook hoe spanlede saam kan werk aan dokumente sonder om dit oor en weer te stuur.