Hoe om die gepaste sosialemedia-platform te kies om jou besigheid te bemark

Wanneer ons met nuwe kliënte oor sosialemedia-bemarking gesels is Facebook dikwels die eerste platform wat ons bespreek, maar wat van al die ander platforms? Alhoewel Facebook die top-platform is in terme van aantal gebruikers (2.7 biljoen aktiewe maandelikse gebruikers om presies te wees), is daar ook ander platforms wat effektief aangewend kan word in jou strategie.

Wanneer jy ‘n sosialemedia-platform moet kies om jou besigheid te bemark, is daar drie faktore om in gedagte te hou: 

  1. Platformstatistiek
  2. Die inhoud wat jy wil deel op die platform en 
  3. Watter platforms jou teikengehoor gebruik. 

Om te begin, kom ons kyk na ‘n paar statistieke. 

Facebook:

  • Facebook het oor die 2.7 biljoen aktiewe maandelikse gebruikers.
  • Die interaksiekoers mediaan maatstaf (oor alle industrieë) vir Facebook per plasing is so 0.09%. Hierdie getal het nog nie veel vanaf 2019 verander nie. 

Instagram: 

  • Instagram het 1 biljoen maandelikse aktiewe gebruikers en sowat 500 miljoen van hulle gebruik die Instagram Stories-funksionaliteit.
  • Die grootste demografie wat deel van hierdie netwerk vorm is vrouens tussen die ouderdomme van 18 en 24. 
  • Die interaksiekoers se mediaan maatstaf (oor alle industrie) vir Instagram per plasing is  1.22%. Hierdie mediaan het vanaf 1.60% afgeneem sedert 2019.

Twitter: 

  • Twitter het 353 miljoen aktiewe maandelikse gebruikers.. 
  • Die interaksiekoers se mediaan maatstaf (oor alle industrie) vir Twitter is 0.045% per tweet. Hierdie getal bly nou al so drie jaar in ‘n ry konstant. 
  • Die frekwensie van “Tweeting” het met 10% toegeneem in 2020. 

LinkedIn:

  • LinkedIn het meer as 722 miljoen gebruikers wêreldwyd
  • 96% van B2B-bemarkers gebruik LinkedIn vir die verspreiding van organiese inhoud en 83% vir betaalde sosialemedia-advertensies, wat hierdie platform bo aan die lys plaas vir beide verspreidingskanale. 
  • Langer plasings vaar baie goed op hierdie netwerk. Plasings van tussen 1900–2000 woorde het die heel beste gevaar in terme van lesers en interaksie. .

Pinterest: 

Hierdie statistiek kom uit from Sprout Social, lees meer hier: https://sproutsocial.com/insights/social-media-statistics/

Beide groot en klein platforms, op gebruikers gebaseer, het voordele wanneer dit kom by bemarking. Platforms soos Facebook en Instagram met baie gebruikers het die voordeel van ‘n groot reikwydte, terwyl kleiner platforms soos Pinterest en LinkedIn ‘n beter kwaliteit leidraad kan oplewer. ‘n Kleiner reikwydte, maar dit bereik ‘n meer spesifieke teikenmark  afhangend van jou tipe besigheid. 

Volgende, kom ons kyk na inhoud.

Kyk nou na die tipe inhoud wat jy kan maak en deel met jou gehoor. Pinterest en Instagram is ideaal vir ontwerpers en skeppers met aanloklike visuele kenmerke, waar LinkedIn meer fokus op lesers en lang tekse. Die tipe inhoud wat jy wil deel kan ook beperkend wees in terme van die platform wat jy gebruik. Byvoorbeeld, ‘n prokureursfirma kan nogal sukkel om treffende en relevante visuele plasings vir Instagram op te lewer, maar hulle floreer wanneer hulle lang artikels op LinkedIn plaas. Plaaslike koffiewinkels kan weer die mooiste en aanloklikste foto’s deel (wat ideaal is vir Instagram), maar sukkel om artikels vir LinkedIn (‘n besigheid-tot-besigheid-platform) op te tower.

Wat van jou gehoor? 

Laastens moet jy kyk na watter platforms jou gehoor, jou ideale kliënte, gebruik. Daar is geen nut daarin om TikTok as bemarkingsplatform te gebruik, terwyl jou teikengehoor glad nie op TikTok is nie. Dit is belangrik om na jou gehoor uit te reik waar hulle aktief is, in plaas daarvan dat hulle na jou moet soek. Kyk noukeurig na die demografiese statistiek van elke platform om te bepaal watter een die mees effektiewe kommunikasie-kanaal met jou mense sal wees.  

Dis belangrik om te noem dat jy nie op elke liewe platform teenwoordig hoef te wees nie, dis beter om twee of drie platforms te kies waar jy aktief jou besigheid kan bemark en prakties en maklik inhoud vir daardie platforms kan skep. 

Het jy hulp nodig om inhoud vir ‘n spesifieke gehoor en platform te skep? Klets vandag nog met ons!

Twiet Hallo! Stuur vir ons ‘n boodskap met jou versoek en ons kom spoedig na jou toe terug.

Say Hello! Send us a message with your request and we will get back to you as soon as possible.