FB | IG | IN

Hoekom het ons “Koffiekuiers” elke Woensdag?

Jy het dalk al opgelet dat ons hier by Kwikstert GEK is oor koffie. Jy mag dalk ook oplet dat ons foto’s van ons lekker stomende koppies koffie elke week op sosiale media deel, maar het jy agtergekom dat ons elke week ons koppie koffie by ‘n ander plek geniet? Hoekom doen ons dit so?

IMG 3945 scaled 1
Ons weeklikse koffie-afsprake het betrekking op twee van ons besigheid se kernwaardes, naamlik: 
  • Raak persoonlik
  • Raak betrokke

Raak persoonlik

Hierdie inisiatief het in 2020 afgeskop toe ons almal van die huis af gewerk het en ons bymekaar wou kom as ‘n span een keer per week. Hierdie is ‘n uitvloeisel van ons “Raak Persoonlik”-kernwaarde en maak ruimte daarvoor dat ons by mekaar kan inloer en hoor hoe dinge regtig gaan.

Ons kuier in ‘n ontspanne omgewing sonder die kantoor se rumoer en dit help ons om weer vars en vol inspirasie die res van die week aan te pak. Hierdie is ons klein Saterdag in die middel van die week en dit herinner ons waarom ons doen wat ons doen en dat ons so lief is vir ons werk. Dit klink afgesaag, maar dis die waarheid!

Raak betrokke

Hierdie kernwaarde is gebaseer op ons gemeenskap. Ons glo nie daarin om op kantoor te sit en wag dat mense oor ons pad strompel nie, maar wil eerder uitgaan en die skatte van Pretoria uitsnuffel –  dan loop ons sommer ook die oulikste mense raak. 

Ons besoek ‘n ander koffiewinkel elke week om twee redes:  

  1. Sodat ons nuwe wonderlike plekke kan ontdek en ervaar en dan ook aan ons trop vriende bekendstel. 
  2. Om hierdie koffieplekkies bietjie blootstelling te gee deur foto’s en die ligging op ons sosialemedia-platforms te deel.

Watter koffieplekkies het ons onlangs besoek? 

Lees bietjie meer oor Kwikstert se topkeuses vir ‘n romantiese uitstappie in Pretoria hier!