FB | IG | IN

Is jou handelsmerk gerat vir 2022?

Wanneer ‘n nuwe jaar aanbreek is dit altyd goed om ‘n handelsmerkhersiening te doen. Handelsmerke groei en verander net soos enige ander ding in hierdie wêreld. Juis daarom is dit belangrik om te bepaal waar jou handelsmerk homself elke nuwe jaar moet posisioneer sodat jou besigheid die beoogde kliënte kan bereik en so ook deur die jaar wat kom floreer. Daar is ‘n paar sleutelpunte wat u aan die begin van ‘n nuwe jaar in ag moet neem om te verseker dat u handelsmerk slaggereed is. 

Teikengehoor

Dit is belangrik om te kyk na WIE jy wil bereik in die jaar wat voorlê. Is jou teikengehoor nog dieselfde as verlede jaar of het hulle verander? Mense verander ook en hul begeertes en behoeftes sal oor die jare ontwikkel. Jou handelsmerk moet bepaal wie vanjaar se teikengehoor is en wat hulle sal wil hê, sodat jy die regte mense kan teiken en daarna streef om aan hul behoeftes te voldoen. 

Persoonlikheid

Kommunikeer jou handelsmerk steeds die waardes wat in jou visie en missie vervleg is? Of het hulle dalk verander en nou het jou handelsmerk ‘n vars gesig nodig? Indien dit die geval is, kontak ons gerus. Handelsmerke behoort dinamies te ontwikkel en mettertyd sal jy dalk besef dat dit wat jou handelsmerk tans kommunikeer nie regtig is wat jy in die toekoms wil kommunikeer nie. Die voorkoms en kommunikasie van jou handelsmerk sal ‘n massiewe invloed hê op watter kliënte jy lok en die sukses wat jy daardeur bereik. Daarom is dit belangrik om jou handelsmerkpersoonlikheid te ken en dit aan die begin van die nuwe jaar te heroorweeg om te verseker dat jy die korrekte boodskap kommunikeer. 

Die praktiese implikasie

Is jou handelsmerk deurlopend dieselfde op alle platforms en mediums? Aan die begin van die nuwe jaar moet jy terug kyk na die vorige jaar, daar sal jy kan sien of jou handelsmerk deur die jaar konsekwent was. As jy vind dat dit nie die geval was nie, moet jy assesseer hoe jy in die nuwe jaar hierop kan verbeter. Maniere om dit te doen sluit in: 

  • Om konsekwente handelsmerk te hê (primêre embleem, sekondêre embleem, kleurpalette) (Laat ons jou handelsmerk assesseer)
  • Om konsekwente en deurlopende inhoud op verskeie platforms te publiseer (Laat ons jou help met bemarking)
  • Om ‘n konsekwente en professionele webwerf te hê (Laat ons een vir jou bou)

Is jou handelsmerk in skoukondisie?

Indien jy leemtes in jou handelsmerk raaksien, moet asseblief nie huiwer om ons te kontak nie. Ons sal jou hierdie nuwe jaar help om jou handelsmerk d.m.v. deurlopende konsekwentheid te laat groei.

Leer meer! Ons het nog artikels waarin ons gesels oor grafiese ontwerp. Loer bietjie hierso: