FB | IG | IN

Jan Tuisbly se gids tot ‘n onvergeetlike Desembervakansie in Pretoria!

rustic picnic with wine and croissants aesthetic 2021 08 30 04 44 58 utc 1

Met die Desembervakansie om die draai is ons gereeld besig om te dagdroom oor wat ons gaan doen tydens die vakansie. Miskien gaan jy lekker op die strand gaan lê of dalk is jy gepak vir ‘n bosvakansie in die wildtuin! Of miskien is jou naam Jan Tuisbly en gaan jy net hier by jou eie huisie vakansie hou. 

Gewoonlik vang die depressie jou onkant as jy tuis bly, om welke rede ookal, maar om by jou huis te bly het ook sy voordele. Dis idees soos laat slaap, TV kyk tot die reeks klaar is en nie totdat dit jou slaaptyd is nie en om uiteindelik tyd te kry vir daardie boek wat jy al in Maart gekoop het, dit maak ons sommer opgewonde! 

As avontuur iets is waarna jy smag, kan jy dit ook sommer hier in die Jakarandastad kry! 

Ons het ‘n lysie van aktiwiteite vir ‘n onvergeetlike Desembervakansie saamgestel vir diegene wat daarna smag om Pretoria te verken. 

Gaan stap ‘n bietjie! 

holly mandarich bMog4gpujsI unsplash 1

Daar is niks so lekker as om ‘n bietjie in die natuur in te vaar nie. Pretoria beskik oor vele pragtige en veilige staproetes. Pak jou waterbottel, gryp jou hoed en jou stapskoene en gaan geniet ‘n dag in die sonnetjie saam met jou gesin of vriende. 

Waar is die beste staproetes? Ons het vroeër vanjaar ‘n artikel geskryf wat al die beste staproetes in en om Pretoria opnoem. Gaan loer bietjie daarna: Kwikstert se gids na die beste staproetes in en om Pretoria! Kom jy saam?

Leer iets nuuts by een van ons plaaslike museums

dd6xgc

Suid-Afrika het ‘n ryk geskiedenis- en kultuuragtergrond en Pretoria huisves vele van daardie skatte in die vorm van museums. Hier is ons topkeuses vir ‘n interessante museum dag-uitstappie! 

Transvaal Museum

Ditsong Museum

Die Transvaal Museum fokus meer op die wetenskaplike geskiedenis van ons land, as die kulturele geskiedenis.  Hier sal jy fossiele, onder andere dié van die bekende Mev Ples kry, argeologiese uitstallings van verskeie ares en tydperke in Suid-Afrika en nog vele meer! Daar word ook gereeld interessante toesprake en toere aangebied … Vra bietjie oor hulle “Night Tours” en pakkette waar jy die museum kan besoek in die nag, dit sorg altyd vir ekstra opwinding!

Javette-UP Art Centre

javettcentre700.zp188453

Die Javette-UP Kunssentrum is ‘n splinternuwe uitstalling by die Universiteit van Pretoria se hoofkampus in Hatfield. Daardie nuwe brug wat nou oor Lynnwood loop – dis hy! Daar is verskeie uitstallings om te besigtig, maar as daar iets is wat jy graag wil sien – gaan loer self! Die uitstalling is gewoonlik net tydelik. Die huidige uitstallings is slegs tot Februarie 2022 beskikbaar, dan sal daar weer ‘n nuwe een volg.

Die Voortrekker Monument

Voortrekker 1371 1

Ek weet van te veel Pretorianers wat al jarre hier bly en nooit die Voortrekker Monument besoek het nie! Maak ‘n lekker gesinsdag daarvan, pak vir jou ‘n piekniekmandjie en gaan verken een van die mees majestueuse landmerke van ons land se geskiedenis. 

Ek daag jou uit – tel al die trappe! 

Fort Schanskop 

Saam met jou Voortrekker Monument-uitstappie, besoek ook Fort Schanskop. Die groen gras onder die boom in die middel van die fort se grasperk is die ideale plek vir jou piekniek! 

Kruger Huis

paul kruger house museum pta e

President Paul Kruger se huis, reg in die middel van Pretoria, is ook ‘n belewenis! Die huis is in 1884 gebou en was ook die eerste huis in Pretoria wat elektrisiteit gebruik het, asook die eerste huis om ‘n telefoon te installeer. 

Sammy Marks Museum

Sammy Marks Museum in 2014

Die Sammy Marks huis het, soos jy kan raai, eens op ‘n tyd die bekende entrepreneur en sy gesin gehuisves. Hierdie indrukwekkende eiendom is vandag ‘n museum en meeste van die items in die huis is destyds nog deur die Sammy Marks gesin besit. Om die huis groei die pragtigste rose – die perfekte uistappe vir ‘n somersdag. Gaan loop daar in die tuin rond, daar word ook gereeld voëlkyerstoere aangebied en sommige Sondae is daar etes. Dit is ook ‘n baie bekende bestemmig vir fotosessies! Gaan neem ‘n kiekie en deel dit met ons.

Kry weer ‘n bietjie kultuur! 

pexels wendy wei 1916824 1

Daar is ALTYD een of ander opvoering om te gaan kyk! 

Barnyard Theaters

Daar is verskeie Barnyard Teaters in Pretoria. Gaan loer bietjie na die lys van vertonings wat in die feestyd aangebied word.

Atterbury Teater 

Die Atterbury Teater bied ook ‘n groot verskeidenheid van vertonings in die komende weke aan. Onstpan met ‘n glasie wyn in hul netjiese teater en geniet ‘n deftige aandjie uit saam met jou beter helfte! 

Afriforum Teater – Op die planke

Loop kultuur en vermaak by die Afriforum Teater raak. Hulle fokus op die Afrikaanse kunste. Eet ‘n maaltyd by die Pronk restaurant en geniet ‘n Afrikaanse vertoning vir die hele gesin! 

Gaan swem iewers! 

SunCity slides

Soos die weer nou lyk, gaan hierdie Desembervakansie LEKKER warm wees! Ons soek altyd ‘n lekker plek om te gaan swem en ek het ‘n lysie van waterparke in en om Pretoria net vir jou saamgestel! Daar is vele meer, maar ons het mooi gesoek vir veilige parke met positiewe resensies, nou hoef jy nie dit ook nog te doen nie! Indien jy weet van ander waterparke in die area, laat weet gerus.

Pak ‘n piekniekmandjie

pexels helena lopes 984138 1

Piekniek hou is een van daardie tydlose aktiwiteite wat net nooit uit die mode gaan nie. 

Hieronder lys ons ‘n paar van ons top piekniekplekke in en om Pretoria. 

Bring Stellenbosch Pretoria toe! 

pexels elina sazonova 1850595 1 1

Hierdie is ‘n lekker manier om bietjie van die Kaap in Pretoria te beleef – Wyn, gin en bier “tastings”. 

Irene Farm

Irene Farm bied lekker kunsbier en Gin proe-geleenthede. 

Waterkloof Wines 

Waterkloof Wines het ‘n billike wyn-proe geleentheid. Gaan loer op hulle webtuiste vir meer inligting. 

Labora Yard 

Verkies jy ‘n ginnetjie bo ‘n wyntjie? Dan is Labora Yard die plek vir jou! 

The Capital Distillery 

Bespreek jou proe-geleentheid sommer direk op The Capital Distillery se webtuiste

Capital Craft 

Capital Craft is bekend vir hulle kunsbiere. Het jy al daar ‘n yskoue enetjie gaan drink? 

Ter afsluiting… 

IMG 20210324 WA0045

Met soveel aktiweite in Pretoria, het mens nie regtig rede om ver weg te gaan vir ‘n lekker ondervinding nie! Neem foto’s van jou uitstappie en merk ons op sosiale media! Gebruik @kwikstert_ vir Instagram of @kwikstertontwerp vir Facebook en sê vir ons waar jy is. 

*Vir veiligheid, plaas altyd jou foto’s van enige uitstappie nadat jy daar weg is. 

Gaan rus nou ‘n bietjie! Na so riller van ‘n jaar (of twee), verdien jy dit!