Kan ek my eie bemarking doen of moet ek dit eerder uitkontrakteer aan ‘n agentskap?

Bemarking – kan ons dit sommer self doen of moet ons ‘n agentskap kry om dit te behartig? Hierdie vraag duik iewers in elke besigheid se leeftyd op. Die waarheid is, daar is nie regtig ‘n reguit antwoord nie. Elke besigheid moet kyk na wat hulle unieke bemarkingsbehoeftes is en dienooreenkomstig besluit.

Daar is drie groot faktore wat jy moet in ag neem wanneer jy die besluit neem:

  1. Bevoegdheid
  2. Kapasiteit
  3. Koste

Die meeste besighede weeg tyd teenoor koste op – watter een is die belangrikste vir jou besigheid? Het jy meer geld of meer tyd op jou hande? Indien jy genoeg tyd het, het jy die vaardighede?

Of jy nou beplan om een persoon te gebruik wat se volle verantwoordelikheid die bemarking van jou besigheid is en of jy nou besluit om ‘n hele bemarkingspan saam te stel en of jy sekere funksies aan sekere werknemers toevertrou, elkeen van hierdie faktore sal ‘n impak hê op die resultate.

Kleiner besighede mag dalk nie die kapasiteit of vaardighede hê om die bemarking self te behartig nie, maar dalk het hulle ‘n klein begroting om ‘n bemarkingsagentskap in te kontrakteer.

Indien jou besigheid glad nie dit kan bekostig om ‘n maandelikse fooi aan bemarking af te staan nie, maar jy het self die kapasiteit binne jou span, mag dit dalk beter wees om die verantwoordelikheid aan een van jou werknemers te gee. Dit mag wel wees dat daardie persoon nie oor die kennis en vaardighede beskik om jou besigheid effektief te bemark nie. In so geval kan jy oorweeg om in opleiding te belê wat jou span met basiese bemarkingsbeginsels sal toerus. Klets met ons oor die opleiding- en konsultasie-dienste wat jou span kan laat floreer! 

Daar is beide voordele en nadele aan beide self-doen en kontrakbemarking, hieronder is ‘n paar voorbeelde: 

Voordele daarvan om jou bemarking self te doen:

  • Jy dra meer kennis van jou produkte en dienste
  • Jy het ‘n beter begrip van jou besigheid se kultuur
  • Jy verstaan met watter stem jy met jou mark praat en ook hoe jou besigheid na buite moet vertoon
  • Direkte kommunikasie tussen jou besigheid en jou kliënte
  • Vinniger reaksie-tyd
  • Beter leidraad-bestuur
  • Verbeter leidrade deur die bemarkingspan skouer-aan-skouer saam met die verkope-span te laat werk

Nadele daarvan om jou bemarking self te doen:

  • Min/geen bemarkingskennis
  • Net een persoon mag dalk ‘n beperkte aantal vaardighede hê, terwyl ‘n agentskap ‘n paar spesialiste aan jou besigheid kan toeskryf
  • Menslike Hulpbronne se verantwoordelikheid 
  • Verg bestuur (bestuurder mag dalk nie weet hoe om ‘n bemarkingswerknemer te lei en assesseer nie)
  • Beperkte spanbuigbaarheid

Voordele van uitkontraktering aan ‘n agentskap: 

  • Verskeie vaardige kundiges 
  • Jy betaal slegs vir die tyd wat daaraan spandeer word / per diens, nie ‘n volle salaris van elke persoon nie 
  • Meer waarde vir geld
  • Breër ervaringsveld
  • Buigbare span

Nadele van uitkontraktering aan ‘n agentskap:

  • Minder begrip van die besigheid se dienste en produkte 
  • Stadiger reaksie-tyd
  • Nie daardie persoonlike diens wat jy self aan kliënte kan bied nie

Soos hierbo uitgewys word, beide opsies het voordele en nadele wat dit nog moeiliker maak om te besluit watter opsie die beste is. Daar is wel een hooffaktor wat die meeste besighede se besluit beinvloed. 

Verskeidenheid van kundiges beteken meer waarde vir jou geld. 

In engels kry ons die gesegde  “Jack of all trades, master of none”, en dit is ongelukkig gewoonlik die geval wanneer jy bemarkingskundiges soek. Een van die voordele daarvan om jou bemarking uit te kontrakteer, soos hierbo genoem, is dat jy ‘n hele span se kundigheid kan gebruik in plaas van net een persoon. 

Dit beteken dat jy SEO, Google Ads, sosiale media en ontwerp deur vier verskillende spesialiste in ‘n agentskap kry, teen dieselfde prys as die salaris van een bemarkingspersoon in jou span. Dus, deur dit aan ‘n agentskap uit te kontrakteer, word jou bemarkingspan uit ‘n paar spesialiste saamgestel eerder as een “jack of all trades”.

Hoe kan ek my brood aan albei kante botter? 

Kwikstert bied ‘n diens wat ons noem “Toegewyde Dienste”. Dit stel jou besigheid instaat om die beste van albei wêrelde te kry wanneer dit by bemarking kom. 

Ons stel ‘n bemarkingspersoon, of -span aan, wat by jou kantoor sit en deel vorm van jou besigheidskultuur en dus ook skouer-aan-skouer met jou verkope-span werk om die fyn werking van jou besigheid en produkte te verstaan. 

Wat is die voordele hiervan?

Ons neem verantwoordelikheid vir die persoon se bestuur wat beteken dat jy nie oor Menslike Hulpbronne of aanstellings hoef te bekommer nie (veral as jy nie heeltemal seker is waarvoor om te kyk vir iemand in ‘n bemarkingsrol nie). Ons stel Kwikstert ook aan as klanbord en ondersteuningsisteem vir hierdie persoon – dus kry jy steeds een “jack of all trades”, maar daardie persoon het toegang tot ons hele bemarkingspan met ‘n wye verskeidenheid van kennis en ervaring. 

Deur een aangewese persoon in jou kantoor te hê, beteken dit dat hul jou besigheid se produkte en dienste, besigheidskultuur en stemtoon baie vinnig sal optel en dan dit in jou bemarkingsinhoud inwerk. Jy kry dus die vaardighede van ‘n hele bemarkingagentskap saam met die persoonlike diens van binnenshuise bemarking.

Wil jy meer hiervan weet? Kontak Kwikstert vandag om uit te vind hoe ons Toegewyde Dienste werk en hoe dit jou kan help.

[email protected]

Lees meer…

Hier by Kwikstert hou ons baie van skryf! Lees bietjie meer oor bemarking in hierdie artikels:

Hoe om die gepaste sosialemedia-platform te kies om jou besigheid te bemark

Hoe om jou sosialemedia-interaksie ‘n hupstoot te gee!

Is jy lus vir iets anders? Leer van Pretoria, winkels, geskenke en meer in hierdie artikels:

Kwikstert se topkeuses vir ‘n romantiese uitstappie!

Kwikstert se lys van Pretoria se oulikste tweedehandse winkels!

Twiet Hallo! Stuur vir ons ‘n boodskap met jou versoek en ons kom spoedig na jou toe terug.

Say Hello! Send us a message with your request and we will get back to you as soon as possible.