Klink ‘n jinnetjie op Internasionale “Gin & Tonic”-dag!

Gryp jou partytjiehoed – dis internasionale “Gin & Tonic”-dag! 

“Gin & Tonic”, oftwel jenever of Gin en tonikum in Afrikaans, is al vir ‘n geruime tyd ‘n eg Britse drankie. Almal weet dat hierdie skemerkelkie ‘n bitter, maar tog lekker frank smakie aan hom het. Of jy dit nou by ‘n kroeg bestel of dit tuis maak, verdien dit ‘n spesiale dag in die jaar om dit te vier!

Nou ja, ter viering van hierdie smaaklike dag, het ons dit goed gedink om ‘n lys van die beste plaaslike watergate wat lekker jenever verkoop saam te stel, sodat jy dit nie self hoef te gaan soek nie. 

Waar gaan ons begin? 

The Labora Yard

The Labora Yard, geleë in Swartkop Centurion, is kenners en self ook ‘n distilleerdery van goeie kwaliteit Gin. Geniet ‘n unieke glasie Gin hier wat sommer daar op die perseel gedistilleer is. 

Hulle bied ook Gin proe-geleenthede aan! 

Elke Vrydag van 12:00-18:00, asook Saterdae van 10:00-15:00. 

Lockdown

Lockdown Bar in Garsfontein is nog ‘n lekker watergat vir die Gin-liefhebbers. 

Daar word tans ‘n lekker spesiale aanbod vir 2 x dubbel Gin & Tonics, vir slegs R65 aangebied! 

Daar is ook ‘n bakgat “Happy Hour” spesiale aanbod – koop een gin en kry een gratis. Dit is ELKE dag tussen 16:00 en 18:00 geldig. 

Whisk Wine Bar 

Whisk Wine Bar is ‘n rustige plekkie wat jou beste drankies in ‘n ontspanne omgewing skink. Met ‘n groot buite-speelarea en goeie kwaliteit kos, kan pappa vir mamma met ‘n aandjie “af” bederf sonder om oor die kinders te bekommer. Hier word die beste Gin sommer uit ‘n kraantjie bedien. Hierdie luukse “kroeg” is ‘n unieke plek wat voorsiening maak vir allerhande geleenthede, funksies en kinderpartytjies – natuurlik terwyl jy jou glasie Gin kan geniet!

Culture Club Hazelwood

Wat is nou beter as n smaaklike ete, heerlike drankies en lieflike geselskap? Kom ons vergeet nie van die liplek-lekker Gin wat daar bedien word nie!

Blos Cafe 

Blus jou lus met ‘n smulsensasie en gaan loer in by Blos Cafe’! Hulle het verskeie opsies van heerlike jenevertjies om van te kies! Die rustige buitelug-atmosfeer maak beslis van Blos Cafe’ ‘n gunsteling op warm somersaande.

23 On Hazelwood en 23 On Rubenstein

23 on Hazelwood en 23 on Rubenstein, verwelkom die ‘hustlers’, die kreatiewe entrepreneurs, die anderstes en die rebelle in die hoop dat jy jou kreatiewe-self hier kan vind! Meng enige van ons spyskaart-items saam met ‘n heerlike handgemaakte Gin & Tonik drankie van jou keuse. Daar is so baie opsies om van te kies, maar die Six Dogs Blue wat besaai is met Indonesiese blou-ertjieplant is beslis ons gunsteling! 

Jozi Gin Bar 

Hierdie “Gin Bar” is in die hartjie van Johannesburg geleë en spesialiseer in Gin! Daar is takke in Morningside, Cedar Square en in Rosebank. Hier sal jy van die wêreld se mees gewilde Gin’s vind en glo ons, hulle bied ‘n KLOMP opsies waaruit jy kan kies en keur!

Hier by Kwikstert maak ons Gin & Tonik van al die suurlemoene wat die lewe vir ons gooi!

Nou toe, maak toe die skootrekeneaar, dis sulke tyd!


Op soek na ‘n plaaslike restaurant vir ‘n romantiese uitstappie? Kyk bietjie na Kwikstert se topkeuses vir ‘n romantiese uitstappie!

Twiet Hallo! Stuur vir ons ‘n boodskap met jou versoek en ons kom spoedig na jou toe terug.

(Required)

Say Hello! Send us a message with your request and we will get back to you as soon as possible.

[caldera_form id="CF60cf7edb825e5"]