FB | IG | IN

Kwikstert se geskenke-lysie van die lekkerste plaaslike handelsmerke!

As jy jouself in dieselfde bootjie as ons bevind en nie ‘n idee het waar om te begin soek vir unieke en bekostigbare kersgeskenkies vir vriende en familie nie, DAN is hierdie artikel beslis vir jou!

Kom ons spring sommer dadelik weg en sonder enige twyfel is nommer een op ons lys Basketlyshop!

Basketly 

Hierdie besonderse handelsmerk bied ​​’n pragtig saamgestelde versameling van mandjies en huisware wat perfek by jou dekor sal pas. Hulle handgemaakte produkte is ideaal vir ‘n mamma, ouma of dogter wat ‘n passie het om die hele huis uit te dos met mooimaak goedjies EN wie koop nog glas potjies vir plantjies as jy jou plantjie in ‘n geweefde mandjie kan sit? Dit is SO MOOI!

Het ons al genoem dat hulle ook Kersboomrokkies maak? Dit is nou besonders uniek. 

Loer net hieronder. 

NOG BETER! As jou sak nie dadelik die volle betalings kan bekostig nie, kan jy altyd met PayFlex die bedrag in vier rentevrye paaimente afbetaal. 

Ons beveel aan jy gaan besoek hulle webtuiste sommer gou!

Fijnklei

Fijnklei is ‘n trotse afrikaanse handelsmerk wat die mooiste en pasgemaakte polimeer klei oorbelle maak. Dis beskostigbaar en voldoen aan die hele groep vrouens se behoeftes. NATUURLIK, het jy reg gehoor. Hulle doen ook pasgemaakte bestellings. Gaan volg hulle op sosiale media en maak seker jy is by die volgende Busstop 7 markie in Pretoria om vir jou ‘n paar klei-oorbelle aan te skaf. 

Ons kan nie ‘n gunsteling produk kies nie, want alles is so uniek, maar as ons MOET kies dan is dit beslis die volgende twee:

 Starsoul

Ons weet nie eers waar om te begin met hierdie handelsmerk nie! Starsoul spesialiseer in handgemaakte en plantgebaseerde velsorg produkte. Die produkte is nie net gevul met briljante voordele vir die vel nie, maar dit LYK en RUIK absoluut verstommend in ‘n goeie manier!

Hierdie suurlemoen- en borrie-ophelderskrop bevat borrie- en suurlemoen-essensiële olies. Albei hierdie bestanddele het kragtige anti-oksiderende eienskappe wat die vel se natuurlike gloed na vore bring. Perfek vir beide die jong dames en ou tannies in die familie. 

Anna Soo

Karla van Anna Soo glo vas dat enige ruimte waarin jy woon jou gemak/gelukkige plek moet wees en strewe daarna om dit deur haar handelsmerk te bereik. Dus, lewer hierdie handelsmerk handgemaakte huisversiering en prentjie mooi houtgereedskap.

Met Kersfees om die draai, is hierdie nou vir jou ‘n handelsmerk wat jy waardevol gaan vind. Hulle verkoop die MOOISTE en aestetiese kersversierings en geskenkies vir die hele familie. Van pasgemaakte kersboom-versierings, kerskouse tot GROOT kersvader-sakke wat die hele kersfees-avontuur net meer spesiaal maak. 

Ons dink jy moet maar gaan kyk, want daar is BAIE vir die oog te sienie, veral as jy mal is oor Kersfees soos ons hier by Kwikstert. 

Chirpy Chix 

Waar begin mens…

Hierdie fenominale handelsmerk bied die mees uniekste en austetiese produkte om die mooiste Kersfees uitrustingtjie bymekaar te slaan wat almal se asem sal laat wegslaan. 

JA, Chirpy Chix is die perfekte bestemming om vir vroulief ietsie spesiaals te gaan aankoop. Kom ons dink, van strukkie kopbande, broeke, hemde, rokkies, rompies tot skoene en tekkies kan mens als daar vind. EN, nie die algemene uitrusting nie, maar beslis iets besonders uniek!

Gaan loer maar self!

Funky Ouma 

Ag, kom ons vergeet nou nie van die manne nie!

Funky Ouma verkoop plaasvars krui-gevulde soute en speserye as manlief hou van kook of om sommer net om vir vroulief te bederf met ‘n smaaklike ete. 

Daar gaat jy! Gaan loer bietjie na al hulle heerlike handgemaakte produkte.

https://funky-ouma.co.za/

NOU TOE, waarvoor wag jy? 

Spring weg en koop hierdie Kersfees geskenkies vir geliefdes wat hulle soos ‘n handskoen sal pas.

Is jy op soek na nog leesstof?

Hier is ‘n paar lekker opsies:

 Kwikstert se gids na die ideale plante vir jou badkamer.