FB | IG | IN

Kwikstert se gids na ons gunsteling plaaslike wintermarkies!

Vir Kwikstert is dit belangrik om klein besighede en ondernemings te ondersteun. Dit gaan daaroor om die besluit te neem om eerder jou geld op klein plaaslike besighede te spandeer en sodoende die plaaslike gemeenskap se ekonomie te stimuleer. Op hierdie manier kan ons ‘n verskil maak en kleiner besighede help om te floreer!

pexels artem beliaikin 896018

MY CARBOOT SALE 

Die  CARBOOT SALE is die perfekte geleentheid om tweedehandse skatte uit te snuffel! Dit is beslis die perfekte plek wanneer jy op soek is na enige iets vanaf huishoudelike, tuinware, antiekware, versamelstukke, klere, bykomstighede, boeke, kuns, fotografie, klanktoerusting, kinder- en baba-artikels, elektronika – dit alles teen goedkoper pryse. Daar is ook lieflike Hollandse krokette en Boerewors-rolle te ete.Jy kan jouself ‘n randjie in die sak spaar deur eers hierdie tweedehandse mark by te woon voordat jy die winkelsentrum aandurf. Hier is iets in elkeen se smaak en ‘n verskeidenheid van goedere wat elke week verander.

Wanneer is dit?

Elke eerste Sondag van die maand – 8:00 -12:00

Waar is dit?

By die  BP Vulstasie op die hoek van Old Farm Road & Solomon Mahlangu. 

Vind meer uit:

CASTLE GATE NIGHTMARKET

image 6 e

Die CASTLE GATE NAGMARK bied ‘n feestelike geleentheid om jou week op ‘n goeie noot af te sluit!

Die kombinasie van die winkelsentrum se restaurante ,liggies, musiek en die kunstige stalletjies skep ‘n unieke atmosfeer.

Wanneer is dit?

Elke Vrydagaand 

16:00 – 22:00

Waar is dit?

“Castle Gate Lifestyle”-sentrum op die hoek van Solomon Mahlangu en Van Ryneveld-weg. 

Vind meer uit:

Hazel Food Market

image 7

HAZEL FOOD MARK spesialiseer in unieke en kwaliteit kossoorte! Glo ons, dis ‘n atmosfeer om te beleef tesame met die musiek en lekker geure wat jou van alle kante omring. Hulle streef daarna om altyd opwindende, nuwe smake bekend te stel.

Waar is dit?

Pretoria High School – Old Boys Club.

378 Queens crescent, Lynnwood, Pretoria. 0081 Lynnwood, South Africa

Wanneer is dit?

Saterdae

17:00 – 21:00 vir die nagmark 

8:00 – 14:00 vir die oggendmark

Vind meer uit:

  • 078 593 7716
  • gerhard.mtb@gmail.com
  • Vir meer inligting: klik hier

Irene Village Mark 

image 12e

IRENE VILLAGE MARK bied die beste kombinasie tussen natuur en geselligheid! Daar kan musiek, kosse, drinkgoed en ‘n verskeidenheid van wonderlike plaaslike produkte gevind word.

Waar is dit?

7 Nelson road 1666 Pretoria

Wanneer is dit?

Die eerste en laaste Saterdag van elke maand!

8:00 – 13:00

Vind meer uit:

Pretoria Boeremark

Die PRETORIA BOEREMARK  is ‘n informele handelsplatform vir buitelug winskoopjagters. Dit is oorspronklik gestig as platform waar boere noodsaaklike voedselprodukte direk aan die publiek kon verkoop.

Waar is dit?

665 Moreletastraat, Silverton 0184, Pretoria

Wanneer is dit?

Elke Saterdagoggend

5:30 – 9:30

Vind meer uit:

Moonshine Mark 

image 9 e

Die MOONSHINE MARK is ‘n plek waar familie en vriende kan bymekaarkom om ‘n Vrydagaand te geniet. Met vermaak, kuns en kunsvlyt, lekker eet en drinkgoed – waarvoor kan mens meer vra? Ons het vuurtjies vir die koue, vertonings, musiek en die uniekste stalletjies om jou warm te hou.

Waar is dit?

Byls Bridge Promenade 

Centurion 

Wanneer is dit?

Vrydagaande

16:00 tot laat

Vind meer uit:

  • 084 816 4006
  • marinda@moonshinemarket.co.za
  • Vir meer inligting:klik hier

Market @theBeach

plante stallietjie

MARKET @ THE BEACH het ‘n verskeidenheid stalletjies met klere, juweliersware, kuns en kunsvlyt, fynproewerskos, kunsbiere, skemerkelkies, geskenke, dekor en nog baie meer! Daar is ‘n veilige speelarea vir kinders met ‘n oerwoud-gimnasium, vlugbalbaan, fonteintjie met water, sandput en springkasteel. 

Daar is ook ‘n groot veilige parkeerarea, dis rolstoelvriendelik en  het ‘n groot sitarea by die pragtige buite-fasiliteite.

Dis ‘n lekker daguitstappie vir die hele gesin met die buitelugmark!

Waar is dit?

Hoek van Graham & Boschkopstraat, Pretoria-Oos, in dieselfde perseel as Weiveld Dansbaan.

Wanneer is dit?

Gedurende die winter (Junie en Julie) is hulle elke eerste en laaste Sondag van elke maand oop vir dagmarkte. Gedurende die somer (vanaf Augustus) is hulle twee keer per maand oop – ook vir ‘n middelmaand Vrydagaand Mark.

Vind meer uit:

Market @ The Sheds

Market @ The Sheds

MARKET @THE SHEDS bied ‘n inklusiewe ruimte waar mense plaaslike disse, kuns, ontwerp en musiek kan ervaar en verken.

Hulle staan bekend as ‘n sosiale mark wat goeie tye, goeie kos en goeie musiek vier. Hier kan enige iets vanaf plaaslike kuns, mode en ontwerp gevind word! 

Kom en ervaar die wonderlike gees van Pretoria se mense.

Waar is dit?

381 Helen Josephstraat, 0001 Pretoria, South Africa

Wanneer is dit?

Die laaste Saterdag van die maand –

9:00 – 16:00

Vind meer uit:

  • 064 855 5518
  • market@thesocialmix.org
  • Vir meer inligting: klik hier

Kwikstert  glo dat winter ‘n seisoen van warmte, geselligheid en terugploeg is:

Deur voedsel en ander plaaslik vervaardigde goedere aan te koop, ondersteun  verbruikers hul streeks ekonomie deur:

  • Waardevolle werk te skep en te  behou vir ander
  • Gesinne te ondersteun
  • Die gemeenskap en kultuur te versterk en
  • Die koolstofvoetspoor te verminder