FB | IG | IN

Kwikstert se lys van Pretoria se oulikste tweedehandse winkels!

Hier by Kwikstert ondersteun ons graag liefdadigheids- en tweedehandsewinkels, omdat ons passievol is oor volhoubaarhied!

image 8

HOEKOM IS DIT VIR ONS BELANGRIK?

  • Dit verleng die lewensiklus van ‘n kledingstuk.
  • Deur tweedehandse goedere te koop ondersteun jy mode wat volhoubaar is.
  • Deur gebruikte klere te koop, bespaar ons hulpbronne.
  • Dit verlaag die vraag na kitsmodes. 
  • Ander mense se ougoed is dalk jou gouegoed!
  • Tweedehandse klere en -goedere is uniek. 
  • Deur tweedehandse klere en -goedere te koop, spaar jy baie geld. 

Hier volg ‘n paar van ons gunsteling plekkies: 

IRENE HOMES 

IRENE HOMES is ‘n liefdadigheidswinkel wat byna enige van jou hartsbegeertes verkoop – klere, meubels, plante, kunswerke, boeke en selfs juweliersware!

Deur hulle te ondersteun kan jy help om aan die volgende behoeftes te voldoen vir die inwoners op die perseel:

  • Versorging en opleiding van inwoners.
  • Beskermende- en terapeutiese werkswinkels vir die ontwikkeling van inwoners.
  • Opvoedkundige en terapeutiese fasiliteite en geleenthede vir werknemers se persoonlike groei, insluitend inwoners wat op die perseel woon en werknemers wat buite die perseel woon. 
  • Verskaf akkommodasie en ander fasiliteite vir die welstand en versorging van hul inwoners.
  • Fokus op geestelike gesondheid vir hul inwoners.

Vind meer uit! 

Kontaknommer: 012 667 1035

Vind meer uit op hul webtuiste, deur hier te klik. 

Waar is dit? 

2 Albert Road, Irene, Centurion, 0062

CENTURION HOSPICE 

CENTURION HOSPICE is ‘n gewilde liefdadigheidswinkel vir die avontuurlustige winskopiejagters.

Hulle bied ‘n wye verskeidenheid van goedere, onder andere huishoudelike goedere, brik-a-brac, linne, kunswerke, rame, speelgoed, boeke, klere, glasware, meubels, juwele en elektriese goedere. Sommige items word selfs as versamelstukke verkoop.

Vind meer uit! 

Kontaknommer: 012 664 6175

Vind meer uit op hul webtuiste, deur hier te klik. 

Waar is dit? 

Op die hoek van Clifton straat en North Straat, Lyttelton Manor, Pretoria, 0572

ONS WINKEL 

image 9

ONS WINKEL kan met jou gebruikte items wonderwerke verrig! Die “Ons Winkel”-skenkingswinkel dien as werkskepping vir die persoon wat die winkel bestuur. Uit die wins van die verkope stel hulle studiefondse beskikbaar vir kinders in die gemeenskap om te gaan studeer wat nie andersins ‘n geleentheid sou gehad het nie. En verder bied hulle ook maatskaplike hulp aan met die wins wat die winkel maak.

Jou ougoed is nie net ‘n “ding” vir hulle nie – Dit is iemand se toekoms!

Vind meer uit! 

012 111 8360

Vind meer uit op hul webtuiste, deur Hier te klik.

Waar is dit? 

Daar is meer as 90 winkels regoor Suid-Afrika! Gaan kyk watter een is naby jou – Ons Winkel

DADDY COOL 

DADDY COOL is ‘n tweedehandse winkel wat kwaliteit klere koop en verkoop. By hulle kan mens grootkoop:

R500 en meer – Kry 10% AFSLAG

R1000 en meer – Kry 20% AFSLAG

Vind meer uit! 

082 789 7236

Vind meer uit op hul webtuiste, deur Hier te klik.

Waar is dit? 

1289 Heuwelstraat, (Langs Creative Costumes)

Sungardens Liefdadigheidswinkel 

SUNGARDENS se winkels vorm ‘n integrale deel van hulle fondsinsameling. Die inkomste uit hierdie verkope stel hulle in staat om professionele versorging te bied aan persone wat dodelik siek is. Die versorging maak byna 50% van hulle totale inkomste van die jaar uit.

Hier is ‘n lys van die verskeie winkeltjes wat by Sungardens gevind kan word:

 – BOEKWINKEL

Hulle boekwinkel word beskou as een van die top 5 tweedehandse boekwinkels in Suid-Afrika. Dus bied hulle ‘n versameling van boeke oor verskeie onderwerpe soos kuns en kunsvlyt, opvoedkunde, fiksie en nie-fiksie asook tydskrifte.

Boekrak

 – KLEREWINKEL

Hierdie klerewinkel het ontstaan in ‘n privaat huis in Garsfontein waar die opgehoopte klere so drasties toegeneem het dat hul uiteindelik na Sungardens se huidige perseel moes verskuif.

Hier vind mens uitrustings van goeie gehalte teen bekostigbare pryse. As jy gelukkig is, mag jy dalk een van die volgende handelsmerke raakloop in die winkel: Pringle, Levi’s, Polo, Adidas en vele meer. 

 – WHITE ELEPHANT

Daar word dikwels na die WHITE ELEPHANT verwys as “Aladdin se grot” omdat mens byna enige item daar kan vind.

Hulle verkoop enige iets vanaf meubels, elektriese toestelle, kantoormeubels en toerusting, oudhede en unieke versamelstukke. 

Antieke- en versamelstukke word maandeliks opgeveil om al die uitsonderlike goedere te verkoop. Baie winskopiejagters het gesogte items met ongelooflike lae pryse hier uitgesnuffel.

 – HANDEWERK WINKEL

‘n Verskeidenheid van artikels teen weggee-pryse kan hier gevind word – pragtige handgemaakte projekte, handskoene, materiaal, juweliersware, handsakke, kunswerke en ‘n verskeidenheid ander unieke handelsware.

Verskeie handwerkprodukte word op die perseel gemaak en sluit gebreide dekens, borduurwerk, tapisserie en hekelwerk in. 

HOE WORD EK DEEL?

Sungardens benodig donasies vir hulle liefdadigheidswinkels. Kleredrag en ongewenste huishoudelike goedere is broodnodig! 

Besoek die ​​winkels om te skenk of kontak hulle ​​by 012 348 1934 

Vind meer uit! 

012 348 1934

Besoek hul webtuiste deur hier te klik.

Waar is dit? 

18 Twig St, Lynnwood Glen, Pretoria, 0081

Second Chances 

Second chances tweedehandse- en liefdadigheidswinkel is ‘n unieke toevoeging tot die Kungwini Welsynsorganisasie! Jy kan enige iets vanaf boeke, elektriese toestelle, breekware, klere, speelgoed tot die lekkerste lekkernye by hulle kry!

Vind meer uit! 

021 940 0221

Vir meer inligting : klik hier 

Waar is dit? 

Plot 214, Graham Road 0081 Pretoria, South Africa

Deur tweedehandse produkte te koop ondersteun mens volhoubaarheid, dit gebruik ongetwyfeld minder ekstra hulpbronne in die vervaardiging en vervoer van nuwe produkte!

Neem ‘n stap in die regte rigting saam met Kwikstert – kom ons probeer om die wêreld in ‘n beter toestand te laat as waarin ons hom gekry het!