Nilosofie: Stap 3 – Vind jou identiteit en skryf jou storie

Nilosofie – Hoe om ‘n besigheid te begin

Inleiding

Uiteindelik! Na al die goed wat ons moes doen om tot hier te kom – nou kan ons droom! Dalk is dit net ek wat van hierdie deel hou, my ma noem my nog altyd ‘n dromer.

Dit is sleg hoe “grootword” ons verander het in verbeeldinglose skape. As kind was dit deel van ons daaglikse lewe om te droom oor wat gaan gebeur. Nou moet ons dit ‘n aksiepunt op hoe “Hoe om ‘n besigheid te begin” maak om ons tot die punt te bring om te droom. Wel, hier is ons nou.

Waar sien jy jouself sodra die besigheid suksesvol is?

Sukses gebeur nie oornag nie en gebeur definitief nie per toeval of geluk nie. Die eerste stap is om “sukses” in jou besigheid te definiëer. Ons kan nie werk of beplan as ons nie weet waarheen ons oppad is nie. So in hierdie geval wil ek graag hê jy moet jou “droom”-hoed op sit en nie dink aan alles wat jou kan keer nie. Kom ons droom groot (of wel so groot as wat ons wil). Gebruik die lirieke van Die Heuwels Fantasties – “Mense het hulle grense self uitgedink” as inspirasie. ‘n Droom is soos ‘n vakansiebestemming, hy staan stil, die roete om daar te kom kan wel verander.

Wanneer ons ons besigheidspadkaart karteer (strategiese beplanning) moet ons punte plot wat kan dien as ons kontrole-punte. Dit word beskou as die volgende bestemming en alle strategieë en oppersionele beplanning moet in lyn wees met die volgende kontrole-punt. Dit is bietjie soos die ou gesegde – hoe eet mens ‘n olifant? Stukkie vir stukkie. In hierdie geval is die olifant jou droom besigheid en die stukkies jou kontrolepunte.

Wie is jou kliënte?

Wanneer ons kyk na kliënte is daar twee goed om in ag te neem: Wie is ons kliënte nou en wie is ons kliënte oor die langtermyn (die weergawe van ons besigheid waaroor ons nou gedroom het)? Dit is belangrik om te besef dat ons ideale langtermyn kliënt nie noodwendig net by ons deur gaan opdaag nie. Dus moet ons ons identiteit begin vorm met die langtermyn in gedagte sonder om ons huidige kliënte te verloor. Soos met ons droom besigheid is hier ook ‘n padkaart om te volg. Ons moet dus die tyd neem en beplan hoe ons geleidelik ons fokus ten opsigte van bemarking en produk/dienslewering gaan aanpas om by ons ideale kliënt uit te kom. 

Skryf jou storie

Na ons ‘n padkaart opgestel het, is dit ons geleentheid om ons besigheid se storie te skryf – daar is ‘n baie oulike boek genaamd “Building a StoryBrand” deur Donald Miller. In hierdie boek leer Miller ons hoe om ons besigheid se storie te skryf asof dit ‘n film is. Ons hoef nie geskool te wees in filmkunde om te weet dat Hollywood (meestal) ‘n basiese resep volg nie. 

In kort het ons ‘n karakter (jou kliënt) wat ‘n probleem ervaar (die probleem wat ons produk of diens oplos) wat met hulp van ‘n raadgewer (ons besigheid) die probleem oorkom en geluk ervaar. ‘n Storie bemark baie makliker as net ‘n lys produkte of dienste.

Ek voeg hierdie deel by vir die eenvoudige rede dat ons almal weet dat ons ons produk of diens moet bemark, maar ons weet nie waar om te begin nie. Miller gebruik ‘n baie bekende raamwerk om eerstens ons kop oop te maak om op die regte drukpunte van bemarking te fokus, maar ook hoe om al ons bemarkingsmateriaal te struktureer. 

Ons kan nie ‘n besigheid effektief bestuur as ons nie ‘n vorm van bemarking toepas nie. Kontakte en “word of mouth” is effektief, maar sal dit nie lekker wees as daar meer kliënte is wat ook kan spog met ons produk of diens nie? Selfs kliënte wat deur kontakte en “word of mouth” by ons uit kom, vind dit baie makliker om met ons te identifiseer as gevolg van die feit dat hulle ‘n aktiewe rol in ons storie speel. 

Ons storie dien ook as hoeksteen van ons handelsmerk se identiteit. Dit is die persoonlikheid en hart agter dit wat ons vir die wêreld wys.

Daar is ‘n oulike webtuiste deur Miller – https://www.mystorybrand.com/ wat jou deur die proses sal lei om jou storie te skryf. 

Laastens

Die vierde en laaste blog van die reeks handel oor bemarking en behoort binnekort die lig te sien. Ek en Kwikstert is baie geïntereseerd om meer te hoor van jou besigheid en die struikelblokke wat jy tans ervaar of in die verlede moes oorkom. Gesêls gerus saam. Oorweeg dit ook asseblief om sommer by die kantoor vir ‘n lekker koffiekuier in te val.

Boekelys

  • Building a StoryBrand

Twiet Hallo! Stuur vir ons ‘n boodskap met jou versoek en ons kom spoedig na jou toe terug.

(Required)

Say Hello! Send us a message with your request and we will get back to you as soon as possible.

[caldera_form id="CF60cf7edb825e5"]