FB | IG | IN

Valentynsdag op ‘n begroting – geskenkidees wat jy kan bekostig!

Valentynsdag is om die draai en daarom het ons dit goed gedink om iets te skryf oor Valentynsdag geskenkidees wat jou nie ‘n arm en ‘n been gaan kos nie. Valentynsdag kan steeds spesiaal wees – selfs al kan jy nie daardie ring bekostig nie!

Pink Roses

Ons het ‘n lys opgestel wat beide sakpas EN Covid-vriendelik is (jy gaan nie in die selle beland as jy van hierdie aktiwiteite aanpak nie).

Piekniek vir twee 

Piekniek hou is altyd ‘n goeie idee vir Valentynsdag – of enige spesiale geleentheid! Die vraag is eintlik: Waar? 

Daar is baie plekke waar mens kan gaan piekniek hou, maar ons beveel aan om te kyk na die Botaniese Tuine en Jan Cilliers Park. Alternatiewelik, gryp ‘n kombers, bestel ‘n pizza en hou sommer piekniek in jou tuin!

man and woman laying on beach

Skryf ‘n briefie vir jou liefie

Iets wat nooit uit die mode moes gaan nie, is handgeskrewe briewe. Niks wys hoe baie jy iemand liefhet soos ‘n brief nie. En nee – jou handskrif hoef nie te lyk soos ‘n graad 1 juffrou s’n nie! Dis iets wat jou beter helfte vir altyd sal bewaar en waardeer.

En as jy regtig selfbewus is oor jou handskrif – tik dit op jou rekenaar.

Maak ‘n filmpie van julle tyd saam

Hierdie een is defintief ‘n wenner! Met al die toepassings wat vandag op jou foon of sommer gratis op jou rekenaar beskikbaar is, kan jy ‘n baie spesiale video saamstel. Kies “julle liedjie”, jou gunsteling foto’s en daar het jy ‘n perfekte geskenk vir Valentynsdag!

Kwaliteittyd in ‘n boks

‘n Baie oulike idee wat jy kan oorweeg is om ‘n “Date Night Box” te koop. Hierdie bokse sluit tipies aktiwiteite, resepte en dalk bestanddele vir ‘n ete in, sowel as ‘n speletjie of vrae wat julle vir mekaar kan vra. Hierdie bokse kan jy op baie webtuises bestel, maar ons beveel die volgende aan:

DateFactory

To Be

Fotosessies

Manne – jy wéét dis wat sy wil hê!

Baie fotograwe is juis nou besig om spesiale aanbiedings saam te stel vir Valentyndsag fotosessies.

  • Elysian Meraki Photography bied 15% af op alle paartjie- of verlowing fotosessies. Gaan loer op hul Facebook blad vir meer inligting

Rose Rose 

Geleë in Pretoria – Ludwig’s Roses is seker een van die mees romantiese plekke vir Valentynsdag.

Ludwig’s Roses bied verskeie aktiwiteite en ervarings. Van ‘n lekker ete in hulle restaurant tot ‘n piekniek op ‘n geheime plekkie – dis hier waar jy wil wees vir Valentynsdag.

Wat dié geskenk anders maak is, julle kan die kinders sommer saamneem! Daar is meer as genoeg aktiwiteite vir die hele gesin.

Gaan kyk na wat hulle bied hier.

Syne en Hare

Is jy moeg vir haar wat alewig jou baadjies steel?

Bederf haar hierdie Valentynsdag met haar eie! By No Zone in Irene Village Mall kan jy vir julle bypassende T-hemde, baadjies, pette, koppies – min of meer enige iets laat maak! Neem jou unieke idee saam en by NoZone druk hulle jou hemp vir jou binne ‘n paar minute.

Gaan kyk bietjie wat hulle alles kan doen:

Spotify Gunsteling Liedjies

Hier is ‘n baie oulike opgradering in die tradisionele “mixed tape” geskenk:

By Say It Creative is daar soveel oulike geskenke vir Valentynsdag, maar hierdie een het vir ons uitgestaan. Gee vir hom/haar hierdie as geskenk. Dis ‘n plaatjie van “julle liedjie”. Stuur die liedjie se naam, saam met ‘n foto wat jy kies en hulle maak vir jou hierdie unieke geskenk!

Ons is mal daaroor!

Bestel joune hier.

Jou Gunsteling Goedjies

Hierdie oulike idee gaan oor hoe goed jy jou beter helfte ken. Dit behels om ‘n boks (of mandjie of iets) te vat, en vol te maak van al jou beter helfte se goedjies wat hy/sy baie gereeld gebruik, of baie van hou.

Vir manlief kan jy ‘n mandjie maak om al die goed in te bêre wat hy gewoonlik op die eetkamertafel neerplak (so die geskenk is vir vroulief ‘n netjies(er) leefarea ook!). Daarin kan jy vir hom al sy gunsteling eetgoedjies pak, sowel as die goed wat hy altyd nodig het.

  • Beursie
  • Bril, lappie en brilhuisie
  • Sleutels
  • Knipmes
  • Horlosie

Vir Vroulief is dit min of meer dieselfde – al haar gunsteling goedjies.

  • Reukwater
  • Lipstiffie
  • ‘n Kam
  • Haarrekkies en/of -knippies

Saadjies in jou hart

Rose is nie al wat deesdae ‘n dame se hart vang nie. Glo dit of nie, dames is GEK oor potplante. Gaan kyk bietjie na Swagger Collective. Hulle maak die mooiste potte om julle nessie op te kikker.

Varslugflieks

As jy in Pretoria is, is Varslugflieks virseker iets om voor uit te kyk!

Inry-flieks is skaars, maar Varslugflieks maak dit weer vir ons moontlik by Loftus!

Daar vind twee geleenthede plaas op die Valentyns-naweek.

Vrydagaand die 12de wys The Proposal en Saterdagaand die 13de wys Love Actually.

Gaan boek jou kaartjie vandag! Hulle verkoop vinnig uit!

Kry jou kaartjies hier:

Hou hulle Facebook blad dop vir meer!

Dus …

Soos jy kan sien – Valentynsdag hoef nie jou begroting leeg te tap nie.

Hierdie lys van goedkoop Valentynsdag geskenke is saamgestel deur die Kwikstertspan met ‘n paar idees wat ons lede ook al self uitgetoets het.

Wat gaan jy doen hierdie Valentynsdag?

Lees meer:

KWIKSTERT SE TOPKEUSES VIR ‘N ROMANTIESE UITSTAPPIE!