Waarom jou webtuiste gereeld onderhou moet word

Gereelde webtuiste-onderhoud vind plaas wanneer jy dit kort-kort nagaan vir foute en kwessies  en sorg dat dit relevant en op datum bly. Dit moet verkieslik gereeld gebeur om relevante inligting aan kliënte te bied, kliënte-ervaring te bevorder en om jou SEO en Google-rang te versterk.

Om jou webtuiste mooi te versorg is baie belangrik vir enige besigheid – of jy nou klein of groot is. Jou webtuiste is jou besigheid se vertoonvenster, dis noodsaaklik om dit vars en skoon te hou sodat jou voornemende kliënte die regte prentjie kan kry van wat daar binne aangaan.

Baie klein besighede laat die takies na om hulle webtuistes gereeld te onderhou. Dit kan daartoe lei dat die webtuiste nie eers meer mooi werk nie, dan weet die eienaar dit nie eers nie. Wanneer hierdie foutjies kop uitsteek, is dit gewoonlik ‘n baie duurder probleem om uit te sorteer – en dit kon jy alles vermy deur net gereeld jou webtuiste op datum te bring. 

So wat behels webtuiste-onderhoud alles?

Net soos toepassings op jou foon (“apps”), word webtuiste “plug-ins” en temas gereeld opgedateer. Maar wanneer hierdie opdaterings plaasvind, is daar ‘n kans dat jou webtuiste se weergawe van WordPress nie meer daarmee kan saamwerk nie.

Dus beteken dit dat jy nie net outomatiese opdaterings kan laat doen nie, mens moet na elke “plugin”-opdatering weer kyk of alles op jou webtuiste nog reg funksioneer. Hier volg ‘n paar webonderhoud takies en hoe gereeld elkeen moet gebeur: 

Jaarliks

  • Webtuiste domeinhernuwing.
  • Maak seker jou webtuiste se voorkoms en ontwerp bly op datum en pas in by jou besigheidstrategie.
  • Maak seker die inhoud op jou blad is steeds akkuraat.
  • Oorweeg dit om jou beste blogs te hersien en op te dateer vir hoër rangorde. 

Kwartaalliks

  • Kyk en sien of daar enige ruimte vir verbetering is. 
  • Dateer al die prentjies en grafika op. 
  • Bring verouderde inhoud op datum.
  • Kyk dat jou webtuiste steeds mobielvriendelik is en op verskillende grootte skerms steeds korrek vertoon. 
  • Toets en kyk watter CTA’s (“call-to-actions”) nooit aftrek kry nie en probeer dalk iets nuut. 
  • Maak seker jou rugsteunskedule werk nog en of jy nog ‘n onlangse weergawe van jou webtuiste kan sien. 

Maandeliks

  • Toets jou webtuiste se laai- en interaksie-spoed. Dit moet binne minder as drie sekondes laai, anders moet jy dringend met jou webontwikkelaar gesels.
  • Analiseer of jou webtuiste se sekuriteit op datum en werkend is.
  • Bekyk jou web-statistiek en beoordeel krities hoe jou webtuiste vaar, maak planne oor hoe om te verbeter waar jy sien daar is haakplekke. 
  • Doen ‘n plaaslike soektog-oudit om te sien hoe relevant jy in jou onmiddellike omgewing is. 

Weekliks

  • Kliek op elke liewe knoppie op jou webtuiste en kyk of dit nog reageer en na die regte blad toe herlei.
  • Bring jou kerntema en -”plugins” op datum.
  • Skryf en plaas ‘n blog-inskrywing om relevante inligting aan jou kliënte deur te gee en jou organiese verkeer ‘n hupstoot te gee. 

Daagliks

  • Bring die “plugins” op jou webtuiste op datum om seker te maak dit funksioneer optimaal.
  • Maak seker jou tema is op die nuutste weergawe sodat jou webblad goed vertoon.
  • Doen sekuriteitsopdaterings om jou webtuiste te beskerm teen kuberkrakers.
  • Maak daagliks ‘n rugsteun van jou webtuiste se afdelings wat gereeld verander, soos kommentare van jou intekenaars. 

Om seker te maak al die bogenoemde takies word gereeld verrig, mag dalk na ‘n groot gedoente lyk. Tensy jy regtig weet wat jy doen, mag jy dalk jou webblad deurmekaar krap en so paar goedjies daarop breek. Dus sal ons aanbeveel dat jy maar die kundiges inkatrol om dit vir jou te doen. Hulle sal ‘n baie goeie werk vir jou vinniger en goedkoper doen, onthou, goedkoop koop is duur koop. To do all this seems like a really daunting task, and unless you know what you are doing, you might mess it up and break your website. Therefore, we recommend that you get a professional to do it for you. Not only will they do it faster and cheaper, but they will also do it well.

Onderhou asseblief my webtuiste vir my

Wat gaan gebeur as ek nie gereeld my webtuiste onderhou nie? 

Om jou webtuiste te onderhou is net soos motoronderhoud. Jy moet seker maak dit het genoeg water, olie en brandstof in voordat jy wegtrek. Wanneer jy dit nie onderhou nie, is die kans groot dat jou kar gaan breek.

Net so sal jou webtuiste ook uiteindelik breek indien jy dit nie gereeld onderhou nie.

Daar is beslis ‘n paar dinge wat jy self sal kan doen, soos om te kyk of jou motor genoeg olie het nie. Jy mag selfs ‘n basiese diens vir jou motor kan doen as jy jou storie ken. So kan jy ook ‘n paar opdaterings vir jou webtuiste self behartig, soos om seker te maak dat jou inhoud op datum is en of jou blaaie nog relevant is vir jou kliënte.

Daar is wel so paar dinge wat mens maar eerder aan die kundiges oorlaat. Rugsteun-aksies, “plugin”- en tema-opdaterings, SEO en sekuriteit is bietjie meer ingewikkeld en kan jou webtuiste breek indien jy dit nie reg doen nie. Dan kos dit weer ‘n klein fortuin om alles op en aan die gang te kry.

Om meer te leer oor alle soorte Digitale Bemarking, loer op ons Facebook Blad

Gereelde vrae

Wat behels webonderhoud?

Webonderhoud sluit gewoonlik “plugin”-opdaterings, “themes”-opdaterings en sekuriteitsopdaterings asook verkeersverslae in. 

Hoe lank neem webonderhoud?

Jy kan beplan om minstens 5 minute per dag aan webonderhoud af te staan. Die take wat weekliks en maandeliks gedoen moet word, mag dalk langer neem. 

Hoeveel kos webonderhoud in Suid-Afrika?

Jy kan begroot vir om en by R 450 / maand vir webonderhoud.

Hiermee die beste webonderhoud wat jy kan kry.

Lees meer oor bemarking…

Kan ek my eie bemarking doen of moet ek dit eerder uitkontrakteer aan ‘n agentskap? Lees daaroor hier.

Twiet Hallo! Stuur vir ons ‘n boodskap met jou versoek en ons kom spoedig na jou toe terug.

Say Hello! Send us a message with your request and we will get back to you as soon as possible.