FB | IG | IN

Wat is bemarking en hoe moet ek my besigheid bemark?

Volgens Wikipedia is bemarking die deurlopende proses van beplanning en uitvoering van die 4 P’s van bemarking (produk, plek, prys en promosie) om die verkoop van produkte of dienste tussen individue en besighede te bevorder. 

'n Persoon se hande op 'n sleutelbord wat bemarking doen by 'n hout tafel met 'n koffie en selfoon.

Die 4 P’s van bemarking

Bemarking is bekend vir die 4 P’s van bemarking. Dit is ook ‘n lekker maklike manier om jou besigheid se effektiwiteit te meet. Neem elke een van hierdie elemente en meet hoe sterk jou besigheid is aan die hand elkeen van hulle. Indien jy swak doen in een van hierdie elemente weet jy dat dit is waarop jy moet fokus – neem SO jou besigheid tot ‘n nuwe vlak.

Produk (of diens)

bemarking
bemarking

Jou produk of diens is baie belangrik vir die voortbestaan van jou besigheid. Dit is die produk wat die meeste waarde het wat jy ruil vir jou kliënte se geld. 

Hierdie produk of diens moet meer waarde toevoeg aan jou kliënt se lewe (of besigheid) as die geld wat jy vir jou produk of diens vra. Kyk gerus na die volgende ontwerp vir meer duidelikheid: 

kliënte betaal slegs met ‘n glimlag vir produkte of dienste indien die waarde wat hulle ontvang meer is as die prys van die produk. 

Jou besigheid maak ‘n wins indien die prys wat jy ontvang vir die lewering van jou diens meer is as wat dit jou kos om daardie diens te lewer. 

Besighede kan nie voortbestaan deur slegs een produk of tipe diens te verkoop nie, maar moet voortdurend en innoverend  nuwe produkte ontwikkel. 

Kwikstert het byvoorbeeld ‘n hele klomp pakkette wat ons verkoop in elkeen van ons departemente.

Plek

'n speld wat in 'n kaart ingepen is om uit te beeld dat plek 'n belangrike deel van bemarking is.

“Plek” verwys na waar jy jou produk of diens verkoop en lewer. Dit kan by ‘n fisiese winkel, ander winkels, aanlyn (soos op ‘n webtuiste) of regoor die land wees. 

Probeer om op soveel as moontlik plekke vir moontlike kliënte jou produk of diens beskikbaar te stel. Dit verseker dat jy soveel as moontlik van jou produk of diens aan jou teikenmark kan verkoop. 

Stal uit by markte, wees aktief op sosiale media, bou ‘n goeie kwaliteit webtuiste en oorweeg ‘n fisiese winkel of afsetgebied. Probeer ook jou produk landswyd aflewer om soveel as moontlik kliënte te bereik. 

Prys

'n foto van 'n produk wat een van die 4 P's van bemarking is.

Prys is ‘n groot faktor vir besigheidseienaars. Maak die prys op jou produk te hoog en niemand wil by jou koop nie, maak jou produk te goedkoop en jy maak nie meer wins nie. 

Daar is ‘n paar prys strategieë wat jy kan volg, maar kom ons gaan gou deur ‘n maklike een. 

Kom ons veronderstel jy bak koeke. Die eerste oorweging is hoeveel koeke jy per week wil bak, hoeveel tyd wil jy spandeer aan jou besigheid? 

As jy jou prys R 200 per koek vasstel, hoeveel mense bestel by jou per week en hoeveel koeke moet jy bak om jou salaris/wins te dek? Indien jy te veel koeke verkoop, verhoog jou prys so bietjie en kyk wat maak die mark. 

Indien jy te min koeke verkoop, kan jy jou prys verlaag om meer te kan verkoop. Of jy kan jou besigheid beter bemark en ook meer koeke verkoop. 

Eksperimenteer bietjie met die prys van jou produk. Maak jou produk/diens bietjie duurder of goedkoper en kyk hoe die mark reageer. 

Promosie (bemarking)

Foto van 'n persoon se hande op 'n sleutelbord met 'n koffie en selfoon wat uitbeeld hoe 'n persoon in Kwikstert se kantoor bemarking sal doen.

Dit is maar dieselfde as advertensie. Jy kan uit ‘n wye verskeidenheid kies – van betaalde advertensies op Facebook tot adverteer in ‘n tydskrif. 

Jy kan self eksperimenteer met jou eie promosies of jy kan dit oorgee aan ‘n agentskap soos Kwikstert wat weet wat hulle doen. 

Watter tipe advertensie jy ookal kies, maak net seker jy kry nuwe kliënte en spandeer minder as die wins wat jy maak vanuit die kliënte wat jy vanaf die advertensieveldtog ingekatrol het. 

So, hoe kan jy jou besigheid bemark?

Foto van 'n jong man wat op sy foon bemarking doen met 'n sonsondergang in die agtergrond.

1. Kry jou Korporatiewe Identiteit in plek

Dit is baie belangrik om vir jou besigheid om sy eie identiteit te hê. Maak seker dat jou embleem (logo) die regte boodskap oordra aan jou kliënte. 

Jou besigheid moet oral mooi lyk waar dit voorkom, hetsy op jou webtuiste, sosiale media of die ontwerp van jou produkte en boodskappe. 

Kwikstert het ‘n hele grafiese ontwerpspan wat jou kan help met die ontwerp van jou korporatiewe identiteit om te verseker dat jou besigheid altyd eenvormig en professioneel vertoon. 

2. Bou ‘n webtuiste as deel van bemarking

Deesdae kan jy dit nie meer bekostig om nie ‘n webtuiste vir jou besigheid te laat bou nie. ‘n Webtuiste is soos ‘n winkelvenster waar potensiële kliënte kan kyk waaroor jou besigheid gaan en watter produkte jy verkoop. 

‘n Webtuiste kan ook ‘n kragtige 24/7 verkoopspersoon wees waar mense aanlyn by jou kan koop en produkte laat aflewer by hulle huise. E-handel het oor die laaste paar jaar geweldig in Suid-Afrika gegroei – dit het bygedra daartoe dat ons land nou die 37ste grootste e-handel mark het. 

Dit is van kardinale belang dat jou besigheid ‘n goeie webtuiste het wat lekker werk en vir jou besigheid geld kan inbring. Kwikstert het ‘n webtuiste ontwerpspan wat jou besigheid kan help met ‘n uitstekende webtuiste. 

3. Wees teenwoordig op sosiale media

42.6% van Suid-Afrikaners is op Facebook en meer as 6 miljoen mense in ons land gebruik Instagram. 

Met sosiale media kan mens jou ideale kliënt gaan soek deur filters soos geslag, inkomste, waar hulle woon, hoe oud mense is en waarin hulle belangstel fyn in te stel. 

Hierdie teiken funksionaliteit van sosiale media maak dit baie direk en baie kragtig. 

Verder spandeer mense ‘n gemiddeld van 145 minute per dag op sosiale media en 34% van Amerikaners het al aanlyn-aankope gemaak deur besighede se sosialemedia-profiele. 

Daar is baie sosialemedia-platforms daar buite, so kyk bietjie hier hoe om die regte platform vir jou besigheid te kies. 

Kwikstert het ‘n span sosialemedia-spesialiste wat ervaring het in elke industrie. Laat ons jou help met jou bemarking deur jou tyd te spaar en jou resultate te verbeter. 

4. Voeg waarde toe

Daar is baie maniere waarop jy waarde by jou kliënte se lewens kan toevoeg. Help hulle om ‘n probleem op te los deur middel van ‘n blog, sosialemedia-plasing of ‘n video-verduideliking. 

Wat jy hier lees is ‘n voorbeeld van ‘n blog wat ons teikenmark (klein besigheidseienaars) help om hulle besighede te laat groei. So voeg ons waarde toe, maar ons kry ook nuwe besigheid deur hierdie blog. 

Dink aan jou teikenmark en met watter probleme hulle sukkel en help hulle om dit op te los. Byvoorbeeld, as jy ‘n trou”venue” besit, skryf blogs en sosialemedia-plasings oor hoe om die regte “venue” te kies of wat alles om in gedagte te hou wanneer jy ‘n trourok kies. 

Daar is baie “content” wat jy kan skep wat mense weer na jou besigheid toe lei en jou verkope verhoog: Dit is net baie belangrik dat jy WAARDE TOEVOEG. 

5. Bonus: Verwysings

Een van die maklikste maniere om jou besigheid te bemark is deur verwysings in te win. 

Mense spandeer tyd met ander mense wat baie soos hulle dink. So as jy ‘n kliënt het wat baie by jou koop, betyds betaal en ander eienskappe van ‘n goeie kliënt het kan jy hulle vra vir ‘n verwysing. 

Jy kan dan daardie verwysing bel en vir hulle sê dat hulle vriend hulle verwys het na jou. Die kans is baie goed dat hierdie persoon jou kliënt sal word. Daar is ook ‘n redelike kans dat hulle ‘n goeie kliënt sal wees. 

Maak wel seker dat jy die verwysing ekstra mooi oppas omdat jy ook wil hê dat hulle vriend moet gelukkig wees nadat hulle vir jou die verwysing gegee het. 

Jy kan ook kreatief wees en beide partye vergoed. Beide die klient wat iemand verwys het en die nuwe kliënt wat verwys is. Hierdie is die tipe kliënte wat jy sal wil hou en goed versorg. 

Opsomming van bemarking

Daar is baie maniere wat jy kan gebruik om jou besigheid beter te bemark. Vat dit wat jy dink sal kan werk vir jou besigheid en toets dit. Hou dit wat  vir jou werk en los die res. 

Watter metode van bemarking werk sover die beste vir jou besigheid? 

Ons wil graag hoor van jou. Laat ons weet wat jy dink op Facebook en Instagram.