“Branding” in ‘n neutedop!
Na my mening kan die identiteit van jou handelsmerk (“branding” of soos ons by Kwikstert praat, brandmerk jou handelsmerk) enige onderneming maak of breek. Dit is nie net om jou van jou mededingers te onderskei nie, maar dit is ook ‘n manier om visueel te vertoon wat jou onderneming bied sonder dat jy ‘n woord hoef te sê.
Jou handelsmerk moet praat oor wie jy as onderneming is, wat jy aan verbruikers bied en waarom hulle jou in plaas van jou mededingers moet kies. Om jou handelsmerk te brandmerk was nog altyd baie belangrik, maar dis nou belangriker as ooit tevore.
‘n Belegging in ‘n behoorlike gebrandmerkte handelsmerk sal jou nog meer geld in die sak bring, aangesien dit jou potensiële kliënte se oog vang!
Kom ons praat oor jou embleem (“logo”). Nee, ‘n logo is nie “branding” nie. Alhoewel ‘n embleem ‘n groot deel van jou onderneming en handelsmerk ten toon stel, is dit nie die enigste ding wat nodig is om jou handelsmerk se boodskap effektief te kommunikeer nie.
Alle aspekte van jou handelsmerk moet tot mekaar spreek. Sonder ‘n samehangende ‘goue draad’ tussen alles in jou hele handelsmerk, kan mense nie jou handelsmerk herken nie en jy verdwyn tussen die duisende mededingers.
Wat sluit jou handelsmerk alles in?
‘n Gebrandmerkte handelsmerk bevat alle ontwerpelemente van jou handelsmerk. Dit is:
- Jou embleem (“logo”)
- Besigheidskaartjies
- e-poshandtekeninge
- ‘n Briefhoof
- Ontwerpe vir gedrukte media (pamflette, brosjures, inligtingstukke, ens.)
- Sosialemedia advertensie-ontwerpe
- Verpakkingsontwerpe
- Webwerfontwerp
Watter voordele bied ordentlik gebrandmerkte handelsmerke dan?
Handelsmerke bou vertroue
Handelsmerke wat sleutel-elemente in hul handelsmerk laat ontbreek, sal nie maklik verbruikerslojaliteit en -vertroue kan opbou nie. Die moeite en beleggings wat in jou handelsmerk gemaak word, sal mense vertel of jy ‘n geloofwaardige handelsmerk het of nie.
‘n Gebrandmerkte handelsmerk vertel jou storie
Mense belê nie in watter produk of diens u kan bied nie, hulle belê in die betekenis en waardes agter jou handelsmerk. Behoorlike handelsmerke wys die hart, waardes en storie agter jou handelsmerk sonder dat jy ‘n woord hoef te sê.
Dit verenig jou handelsmerk
‘n Gebrandmerkte handelsmerk het ten doel om tussen jou embleem (“logo”), besigheidselemente (besigheidskaartjies, e-poshandtekeninge en selfs ontwerpe op sosiale media) en produkte of dienste ‘n verenigde front te skep. Dit skep konsekwentheid in die handelsmerk, en soos u weet, is konsekwentheid noodsaaklik. Konsekwentheid maak jou onvergeetlik.
Jou gebrandmerkte handelsmerk PRAAT
Deur ‘n buitengewone handelsmerk te hê, kan jou onderneming verklaar dat jy jou beloftes teenoor jou kliënte na sal kom. Verbruikers moet duidelikheid hê oor wat jy vanaf die eerste oomblik kan lewer. Wanneer dit nie gebeur nie, verloor hulle belangstelling en raak afsydig. Dit neem net ‘n tiende van ‘n sekonde vir mense om ‘n oordeel te kan fel oor hoe hulle oor jou handelsmerk voel.
Daarom is dit noodsaaklik dat jy jou verbruikers se asems binne ‘n tiende van ‘n sekonde kan wegslaan.
Voel jy dat jou handelsmerk hierdie resultate oplewer?
Indien nie, kontak ons en laat ons jou help om die asem van jou verbruikers weg te slaan.
Wil jy meer leer oor bemarking? Hier is ‘n paar interessante artikels: